Tuis

Welkom by AfriForum se Veiligheidsforum

Hierdie webwerf het ten doel om gemeenskappe te bemagtig om saam te staan teen misdaad. Veiligheidsforum wil as skakel dien tussen gemeenskapsveiligheidstrukture en die individu se sleutel wees tot ʼn veilige en misdaadvrye samelewing. Hierdie webblad bevorder kommunikasie tussen gemeenskappe, stel navorsing en opleiding tot hul beskikking en bevorder gemeenskapsbetrokkenheid.


34 Grade Suid – Staan Vas

 
 

 

Is jy ‘n slagoffer van misdaad?

Vertel ons jou storie

Nes jy, is duisende ander Suid Afrikaners stille slagoffers van misdaad. Misdaad is ‘n poging om elke slagoffer te ontneem van sy/haar menswaardigheid. Baie van ons ervaar lank ná die gebeure steeds die angs en pyn daarvan. Om egter stil te bly oor wat met jou gebeur het, is nie die antwoord nie. Deel jou ervaring met ander soos jy en verbreek die stilte oor misdaad.

(Bydraes word geredigeer voordat dit geplaas word.)